Saara belowe wet wat voorvaderlike grondeise moontlik maak

Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê kabinet het ingestem om ‘n wetsontwerp op te stel en sodra dit wet word, sal dit voorsiening maak vir die instelling van ‘n raad wat voorvaderlike grondeise sal aanhoor. Die kwessie van voorvaderlike grond is uiters kontroversieel in Namibië met opposisie-partye wat meen Swapo spreek dit nie aan nie omdat sy Aawambo-volk nie enige grond verloor het nie. Volgens Kuugongelwa-Amadhila sal daar ook na verwagting volgende jaar ‘n hersiene wet oor grond in werking gestel word. Haar aanmerkings lok kritiek uit omdat sy besig is met haar eie politieke veldtog om as adjunk-president van Swapo verkies te word, en omdat die volgende algemene verkiesing in November 2024 plaasvind.