Barbados-premier vaar uit teen die wat sê Madiba het SA uitverkoop

Die premier van Barbados, Mia Amor Mottley, sê uitsprake waarin oudpresident Nelson Mandela daarvan beskuldig word dat hy sy mense uitverkoop het, is kommerwekkend. Mottley het die 20ste jaarlikse Nelson Mandela-lesing by die Durbanse Internasionale Konvensiesentrum gelewer. Sy sê diegene wat meer van Madiba verwag het, doen dit omdat hul eie finansiële en ekonmiese omstandighede nie teen die tempo ontwikkel het wat hulle verwag het nie: