SA wil Maandag inentingsmerk van 40% oorskry

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die mikpunt is om teen volgende week Maandag die 40 persent inentingsmerk te oorskry. Phaahla het vanoggend tydens sy weeklikse Covid-opdatering gesê hoe meer mense ingeënt is, hoe minder ernstig sal die vierde vlaag van die pandemie wees. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.