Gautengse gesondheidsdepartement onderbestee R1,1 miljard

Die DA in Gauteng sê die provinsie se gesondheidsdepartement het 1,1 miljard rand van sy 58,8 miljard rand algehele begroting vir die 2020/2021-boekjaar nie bestee nie. Dit dek die tydperk vanaf 1 April verlede jaar tot 31 Maart vanjaar. Hierdie inligting is bekend gemaak in die Gautengse gesondheidsdepartement se 2020/2021-jaarverslag wat onlangs in die wetgewer ter tafel gelê is. Die DA-lid Jack Bloom sê dit is ‘n enorme bedrag geld wat gebruik moes word om hospitale wat met Covid-gevalle oorweldig is, te help.