Meer as 23 000 migrante het vanjaar in Brittanje aangekom

Die daaglikse aantal migrante wat in die Verenigde Koninkryk aankom, het gister tot ‘n nuwe rekord gestyg toe sowat eenduisend mense oor die Engelse Kanaal in dié land aangekom het. Die Britse regering beskuldig Frankryk dat hy beheer oor die situasie verloor het nadat grensmag-vaartuie die migrante na Dover begelei het. Die Britte wil glo nie hê die mense moet op see sterf terwyl gewetenlose bendes wins maak uit die situasie nie, maar hulle het nou genoeg gehad. Na raming het meer as 23 000 migrante tot dusver vanjaar in Brittanje aangekom.