SA voertuigverkope styg met 6,1% in Oktober

Die motorhandel-sakeraad in die buurland, Naamsa, sê daar was verlede maand ‘n toename van 6,1 persent in die verkope van nuwe voertuie, vergeleke met Oktober verlede jaar. Uitvoerverkope het egter nie goed gevaar nie, en was 30 persent laer as ‘n jaar gelede. Die verkope van passasiersvoertuie het met 3,1 persent gestyg. Naamsa sê die verligting ná die land verskuif het na die aangepaste vlak 1-inperking was van korte duur weens verskeie nadelige gebeure, insluitend die drie-weke staking in die staal- en ingenieursektor, asook besighede wat weens beurtkrag vir dae lank kragonderbrekings moes trotseer.