Putin wil Rusland se arsenaal hommeltuie verder ontwikkel

Russiese President Vladimir Putin wil hê sy verdedigingshoofde moet Rusland se arsenaal hommeltuie verder ontwikkel, veral deur kunsmatige intelligensie. Putin sê die weermag het reeds meer as twee-duisend hommeltuie tot sy beskikking. Hy sê in opmerkings wat die Kremlin vrygestel het, meer werk moet hieraan gedoen word, veral met die gebruik van kunsmatige intelligensie en die jongste wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling. Putin sê hommeltuie het in onlangse konfliksituasies hul doeltreffendheid bewys en Rusland het verdediging teen die gebruik daarvan ontwikkel.