Swanu vra eerste minister oor Namdia se afskryf van N$30 miljoen se diamante

‘n Lid van die opposisie, Tangeni Iiyambo van Swanu, het vandag in die Nasionale Vergadering vir eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gevra oor diamante ter waarde van 30 miljoen Namibiese dollar wat afgeskryf is. Dit volg nadat die maatskappy in staatsbesit, Namibia Desert Diamonds, Namdia, verlede jaar 30 miljoen dollar aan die Amerikaanse diamanthandelaar Maurice Templesman betaal het om hom uit die diamantpoleerfabriek op Okahandja uit te koop. Iiyambo het gesê dit is hoë vlak korrupsie en hierdie geld kon gebruik word om klaskamers te bou in plaas van die regering wat nou die Japannese regering vir hulp vra om twee klaskamers in die Kavango-streke te bou. Die eerste minister het haar antwoord so verwoord.