SA verloor R1 triljoen in beleggings

ActionSA sê Suid-Afrika se beleggingsomgewing en sake-ondernemings ly steeds onder die ANC se ekonomiese beleid, korrupsie en growwe regerings-onbevoegdheid. Ou Mutual se voorsitter en gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, sê beleggers het die afgelope paar jaar meer as ‘n duisend-miljard-rand uit Suid-Afrika geneem. Pieter Scribante van ActionSA sê dit is gebiedend noodsaaklik om buitelandse beleggings na die land terug te bring, die ekonomie ‘n hupstoot te gee en werkskepping op dreef te kry: