Piesang-proefloop vorder goed

Die Namibiese Akkerbouraad en AvaGro het onlangs 2 222 weefselkultuur piesangsaailinge as deel van hul piesangprojek in die Zambezi-streek geplant. Die piesangs is vir die eerste veldproef op ‘n een-hektaar plot by Mango Vuluzi-plaas in die Singalamwe-omgewing geplant. Saam beoog die organisasies om verskeie piesangvariëteite te assesseer en te identifiseer. Hierdie inisiatief poog ook om die kommersialisering van piesangproduksie te bevorder deur ‘n belangrike struikelblok in die land aan te spreek: die skaarste aan hoë kwaliteit, siektevrye piesangsaailinge wat aanpasbaar is by Namibië se grond- en klimaatstoestande.