SA: Vaardighede in windkrag moet verbeter

‘n Internasionale verslag lui dat Suid-Afrika een van die tien lande in die wêreld is wat sy opleiding van werknemers in die wind-energiebedryf aansienlik sal moet verbeter. Dit is nodig om te voldoen aan die vaardigheidsvereistes wat sal ontstaan weens die oorskakeling na wind-energieprojekte. Die verslag is opgestel deur die Wêreldraad oor Wind-energie, die Wêreldwind-organisasie en die konsultasiegroep Renewables. Daarvolgens sal Suid-Afrika byne 3 500 geakkrediteerde werkers nodig hê om in staat te wees om die nuwe aanlandige windvermoë te ontwikkel wat na verwagting ingevolge die Geïntegreeerde Hulpbronplan van 2019 by die netwerk gevoeg sal word.