Omgewingsdrukgroep lê klag oor kragskepe

Die omgewingsdrukgroep Green Connection het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing ingedien oor die omgewingspraktisyns Triplo4 Sustainable Solutions se verslag oor die gebruik van kragskepe. Green Connections se woordvoerder, Liziwe McDaid, sê hul klag teen die praktisyns is ernstig. Sy sê hulle het versuim om ‘n spesialisverslag oor die moontlike gevolge of uitwerking van die skepe se onderwater-geraas in te sluit. McDaid sê sy is veral bekommerd oor die gevolge wat dit op kleinskaalse vissers van Saldanhabaai in die Wes-Kaap sal hê.