Rekordoes vir Zim

Zimbabwe het berig dat die land ‘n rekord-oes van mielies en ander graan gaan oplewer, wat die land se 15 miljoen mense volgende jaar kan voed. Die landbousektor sal na verwagting vanjaar met 34 persent groei, meer as drie keer die 11 persent wat in die begroting aan die einde van verlede jaar voorspel is. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds, is Zimbabwe op ‘n ekonomiese herstelpad met groei van 6 persent wat voorspel word. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Landbou Unie in Zimbabwe, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.