SA swemspan neem deel aan Wêreld-swemkampioenskap in Boedapest

Swem: ‘n Klein Suid-Afrikaanse span neem hierdie week aan die Wêreld-swemkampioenskap in Boedapest, Hongarye deel. Die fokus is op volgende maand se Statebondspele. Matt Sates het in die agtste plek klaargemaak in sy eerste eindronde op die kampioenskap. Die 18-jarige was die jongste swemmer in die 200-meter individuele wisselslag. Sates se afrigter, Wayne Riddin, is tevrede met sy atleet se vertoning.