Sonskyn verlaag gevalle van demensie en beroerte 

Wetenskaplikes het ‘n regstreekse verband bewys tussen sonskyn en ‘n afname in gevalle van demensie en beroerte. Hulle studie is gegrond op Britte en het bevind gevalle van demensie kan met byna 20 persent afneem as mense vitamien D-aanvullings neem of hulleself aan natuurlike sonlig blootstel. Die wetenskaplikes van die Universiteit van Suid-Australië het byna 300 000 mense van die Verenigde Koninkryk se Biobank ondersoek. Daar is bevind lae vlakke van vitamien D word verbind met laer breinvolume en ‘n verhoogde risiko van demensie en beroerte.