Longsiekte nou in Ohangwena-streek

Die Namibiese landbouministerie het te kenne gegee dat longsiekte nou in die Ohangwena-streek bevestig is. Die ministerie sê gevalle kom voor in die Ondobe-kiesafdeling. Dit volg nadat die hoogs aansteeklike siekte onlangs in die Kavango-streke voorgekom het. Ses diere uit 71 wat getoets is positief. Die woordvoerder van die ministerie Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.