Ma verskyn op klagte van verkragting van haar seun, 9

Die Oshana-polisie ondersoek ‘n gru-voorval van die seksuele mishandeling van ‘n nege-jarige seun. Die verdagte in die saak is die kind se 37-jarige ma. Volgens kommissaris Naftal Sackaria, bevelvoerder in die streek, het die ma, die kind gebrand as hy nie toegegee het nie.