SA sukkel met leerderplasings, skooljaar begin môre

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê die departement staar verskeie kwessies in die gesig rondom leerderplasings in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Sy het die media ingelig oor die opening van skole vir die 2022 akademiese jaar. Môre sal die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes leerders vanaf graad R tot graad 12 ontvang. Motshekga sê daar is ook skole wat reeds hul maksimum vermoë bereik het: