Johnson se moles oor partytjie kring uit

Die Britse Scotland Yard sê hy ondersoek die partytjie by 10 Downingstraat wat in Mei 2020, tydens die streng inperking, gehou is. Dit volg na ‘n epos ontdek is wat deur een van die premier Boris Johnson se personeellede Martin Reynolds gestuur is waar meer as 100 mense uitgenooi word … omdat die weer so lekker is. Dit is die tweede onthulling van ‘n partytjie by 10 Downingstraat tydens die inperking. Johnson en sy vrou was by die een in Meimaand. Die Britse skaduminister vir klimaatsverandering en voormalige leier van die Arbeidersparty en eerste minister kandidaat Ed Milliband het sy mening so verwoord.