Postbank kon nie toelae uitbetaal weens tegniese probleme

Postbank het aangekondig die maatskaplike verligtingstoelae van 350 Suid-Afrikaanse rand is nie uitbetaal nie, omdat die bank oor die afgelope 24 uur ‘n reuse-tegniese probleem ondervind. Dit maak onttrekkings onmoontlik. Postbank se woordvoerder, Bongani Diako, sê ongeveer 10,5 miljoen aansoekers sal nie tot hulle toelae toegang hê nie. Intussen sê Sassa geen aansoeke vir die toelaag van 350 rand sal oor die naweek gedoen kan word nie, weens instandhoudingswerk. Sassa se webtuiste en WhatsApp-lyn sal nie beskikbaar wees nie.