SA sluit ook groen waterstofkontrakte

In die buurland het die Omnia-groep en WKN Windcurrent ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om die produksie van groen waterstof en ammoniak in Suid-Afrika te evalueer. Die ondernemings sê nuwe ammoniak-produksie sal aangedryf word deur hernubare energie vanuit hibriede bronne. WKN Windcurrent sal die nodige toerusting ontwikkel om energie-opwekking van wind en sonkrag met die produksie van die ammoniak te kombineer. Die produksie-aanleg sal na verwagting 100 000 ton groen ammoniak per jaar genereer, wat 180 000 ton koolstofdioksied-uitstralings sal bespaar.