Wêreld-vleilanddag in Namibië saam met Wêreld-waterdag herdenk  

Wêreld-vleilanddag word vandag herdenk. In Namibië is vyf Ramsar-vleilandgebiede wat ‘n oppervlak van 676 564 hektaar beslaan. Die herdenking se doel is om bewustheid te kweek en om die begrip vir die kritieke belangrikheid van hierdie ekostelsels te vergroot. Namibië is ʼn droë en waterskaars land en maatreëls om vleilande te herstel, is belangrik. In Namibië sal Wêreld-vleilanddag in Maart saam met Wêreld-waterdag herdenk word, sê Jona Musheko, die Namibiese landbouministerie se woordvoerder aan Kosmos 94.1 Nuus.