SA se vervoerverbod: Pryse daal reeds plaaslik

Daar is nog geen duidelikheid oor hoe die verbod op die vervoer van bees in Suid-Afrika, Namibiese produsente sal raak nie. Die buurland se landbouminister Thoko Didiza het die regulasies, wat geldig is vir 21 dae met weeklikse hersiening, Dinsdag in die staatskoerant gepubliseer na aanleiding van die verspreiding van bek-en-klouseer in die buurland. Bees mag alleenlik vervoer word na ‘n geregistreerde abattoir of, vir kulturele slagdoeleindes. Die bekende landbouekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, dr. Frikkie Maré sê die plaaslike prys van speenkalwers wat tradisioneel na voerkrale uitgevoer word, sal daal, maar ten minste is daar nog plaaslik ‘n prys.