Toestande vir ‘n 2023 La Nina is steeds gunstig – kenner

Voorspellings vir reën vir die volgende drie maande tot die einde van November lyk redelik bedroef maar, dis nie alles slegte nuus nie. Volgens Johan van den Berg die onafhanklike landbouweerkundige in die buurland, is toestande baie gunstig vir nog ‘n La Nina verskynsel volgende jaar. Hy sê ook daar kan reën na die einde verwag word.