TransNamib se staking is stadig uit die blokke?

Dit is nie duidelik of die staking by TransNamib begin het of nie. Volgens wat die betrokke vakbond Natau bekend gemaak het, sou die staking om 12-uur vandag begin het maar dit wil voorkom asof dit stadig uit die blokke is met sommige mense wat nog werksaam is. Die vakbond se lede het 788 stemme uitgebring met 726 wat ten gunste van die staking gestem het na salarisonderhandelings op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Natau het ‘n staking vir 18 Julie aangekondig wat suksesvol deur TransNamib in die hoërhof gestuit is. Die maatskappy se uitvoerende hoof Johny Smith, het reeds te kenne gegee dat daar geen fondse is vir ‘n verhoging nie en dat stakende werkers geen betaling sal ontvang nie. ‘n Gebeurlikheidsplan is reeds in plek.