SA se terugkoopkoers styg met 25 basispunte

Die eerste van ses rentekoersverhogings is in Suid-Afrika aangekondig. Die terugkoopkoers styg met 25 basispunte. Die lede van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het met vyf teen een gestem om die koers na vier persent te verhoog. Die rentekoersverhoging was te wagte.