MeerKAT-teleskoop stel beeld lvan middel van sterrestelsel vry

Die Suid-Afrikaanse Radio-astronomie Sterrewag het ‘n nuwe MeerKAT-teleskoopbeeld van die middel van die sterrestelsel vrygestel, wat radio-uitstraling van die streek met ongekende duidelikheid en diepte vertoon. Die hoofnavorser van die Rhodes-universiteit, Ian Heywood, sê die ingewikkelde, sirrusagtige uitstraling van die Galaktiese sentrale superborrel oorheers hierdie beeld en dit is deurkruis met ‘n samestelling van baie parallelle radio-filamente. Hy verduidelik hierdie werk verteenwoordig die hoogtepunt van drie jaar se omvattende ontleding van ‘n opname wat tydens die teleskoop se ingebruiknemingsfase gedoen is.