Namibiese Pluimvee-vereniging bekommerd oor voëlgriep

Die Namibiese Pluimvee-vereniging het gereageer op die aankondiging van die direktoraat van veeartseny in die Namibiese landbouministerie wat die hoogs aansteeklike H5N1 voëlgriep onder seevoëls langs die kus by Walvisbaai en Swakopmund bevestig het. Pluimveeboere mag ook nie hul pluimvee teen voëlgriep inent nie. Rene Werner, besturende direkteur van Wentscher Poultry Farm en voorsitter van die Namibiese Pluimvee-vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is baie bekommerd, omdat Namibië nog nooit voëlgriep ervaar het nie.