SA se ramptoestand duur voort tot 15 Desember

Die minister in die Presidensie in Suid-Afrika, Mondli Gungubele, het aangekondig dat die kabinet die verlenging van die nasionale ramptoestand tot 15 Desember goedgekeur het. Hy het die nasie toegespreek oor die besluite van die kabinetsvergadering wat gister plaasgevind het. Gungubele sê die maatreëls gaan voort om die land te help in die stryd teen die verspreiding van Covid-19.