Linker-enjin het waarskynlik Pionierspark-vlugramp veroorsaak

Die oorsaak van die vliegongeluk waarin ‘n Cessna 406 in Pionierspark geval het, was waarskynlik wanfunksionering van die linker-enjin. Drie werknemers van WestAir het in die ongeluk gesterf. Volgens die voorlopige ondersoek-verslag het rook by die enjin uitgekom net na die vliegtuig opgestyg en voordat dit skerp na links afgeduik het. CCTV-beeldmateriaal by die Eros Lughawe, waar die vliegtuig opgestyg het, wys ook ‘n bol rook om die linker-enjin net nadat die vliegtuig die aanloopbaan verlaat het. Volgens die verslag deur die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke, sal altwee enjins uitmekaar gehaal en ondersoek word voordat ‘n finale verslag kan verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Engelbrecht, ‘n ondersoeker by die direktoraat.