SA se Covid-gevalle daal steeds

Oor die algemeen is Covid-gevalle besig om in Suid-Afrika te daal. Die land het in die afgelope 24 uur 8 515 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld teenoor die vorige 15 465 die vorige dag. Die Stad Tshwane het ‘n aansienlike afname van meer as 11 000 in die aantal aktiewe Covid-19-gevalle geregistreer. Die mees onlangse Covid-19-verslag toon die aktiewe gevalle het gister tot 14 275 gedaal. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die aantal aktiewe gevalle het verlede Maandag op 25 285 gestaan: