Ghislaine Maxwell, Daunte Wright juries delibereer

Die Amerikaanse juries delibereer op die oomblik in twee hoëprofiel sake. Die jurie in Ghislaine Maxwell se mensehandelsaak het na drie weke se verhoor in Manhattan begin om die saak op te weeg. Maxwell, 59, wat daarvan aangekla word dat sy minderjarige meisies voorberei het vir misbruik deur haar kêrel Jeffrey Epstein, kan lewenslank gevonnis word indien sy skuldig bevind word. Intussen het die 12 jurielede in die manslagsaak van die wit polisievrou Kimberly Potter in Minneapolis ook begin delibereer. Potter het Daunte Wright doodgeskiet. Sy sê sy het gedog sy het haar Taser, wat ‘n nie-dodelike elektriese skok afvuur, afgevuur maar, het haar polisiewapen uitgehaal en die sneller getrek.