Man wat vermoedelik ‘selfoondief’doodskiet, bly in aanhouding

Die Walvisbaai-man wat aangekla word na die skietdood van ‘n vermeende selfoondief, is borg in die landdroshof op die hawedorp geweier en sy saak is tot 23 Februarie vir ‘n formele borgaansoek uitgestel. Josef Matias, 54 jaar oud, word aangekla vir die dood van Listo Amuntenya wat vermoedelik deel was van ‘n groep van vyf mans wat met messe gewapen was en ‘n man van sy selfoon beroof het. Matias het volgens die polisie, die roof waargeneem en toe die vyf weghardloop, hulle agterna gesit. Hy het blykbaar ‘n waarskuwingskoot in die lug afgevuur en toe nog een op die groep wat Amutenya in die kop getref het. Hy is onmiddellik dood. Lede van die publiek was teenwoordig by die hof en het gesê Matias is held wat help om misdaad te bekamp. Die polisie sê die eienaar van die selfoon, wat op die toneel gevind is, het nog nie na vore getree nie.