SA se brouerye moet fonds stig vir dronkbestuur

ʼn Misdaadkenner in die buurland, professor Jaco Barkhuizen, vra dat geen verdraagsaamheid teenoor dronkbestuurders betoon word nie en dat swaarder strawwe opgelê word. Hy sê dronkbestuur veroorsaak meer skade as enige iets anders. Die afgelope naweek is tien motoriste in Hatfield, Pretoria, gearresteer omdat hulle onder die invloed bestuur het. Barkhuizen sê daar behoort ʼn maatskaplike fonds te wees waartoe groot brouerye bydra om slagoffers van voertuigongelukke wat deur dronkbestuurders veroorsaak word, by te staan. Hy sê politici en die polisie moet gewillig wees om die wette toe te pas.