Meer data is nodig vir NDP6

Om insette te werf vir die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6, het die Khomas-streekraad ‘n raadplegende vergadering met belanghebbendes gehou. Die Nasionale Beplanningskommissie, in oorleg met streeksrade, het die veldtog en wyer konsultasies met alle belanghebbendes onderneem. Verskeie kiesafdelings het uitdagings uitgewys soos ‘n gebrek aan infrastruktuurontwikkeling, water en sanitasie, grond en behuising. Volgens die kommissie was die NDP5-tydperk die mees uitdagende, weens die ekonomiese verlangsaming. Daarom het die NDP6-plan ten doel om innoverende maniere te bedink om die drievoudige bedreiging van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat, wat sê dat nog meer data nodig is.