Mesaanval in Aussie-kerk was terreu

Die Australiese polisie sê ‘n mesaanval op ‘n Assiriese kerkbiskop en volgelinge in Sydney was ‘n terreurdaad wat gemotiveer is deur godsdienstige ekstremisme. Minstens vier mense is in die aanval gewond, insluitend biskop Mar Mari Emmanuel van die Assirian Christ The Good Shepherd Church, toe ‘n man met ‘n mes op hom afgestorm het tydens ‘n diens wat Maandag regstreeks uitgesaai is. Die polisie het ‘n 15-jarige seun op die toneel gearresteer.