SA Reserwebank se besluit beteken ekonomie kan begin herstel

Die Suid-Afrikaanse banksektor glo die besluit om rentekoerse aan te pas dui op die herstel in onderliggende ekonomiese bedrywighede. Die Reserwebank het die repokoers met 25 basispunte na 4 persent opgestoot. Kenners sê die versagting van inflasionêre druk deur rentekoerse te normaliseer voorsien aan Suid-Afrika ‘n roete na oorgang vanaf die noodmaatreëls wat die afgelope twee jaar ingestel is. FNB se uitvoerende hoof, Jacques Celliers, sê die normale bedryfstoestande is voordelig vir breë herstel wat ook sektore sal bevoordeel wat erger as ander getref is: