2003 teenliggaampie werk teen Covid-19

Die Duke Instituut vir Menslike Entstowwe in Noord-Carolina in die VSA is besig met navorsing op ‘n universele entstof teen korona. Volgens berigte, is ‘n teenliggampie in ‘n SARS-COV1 pasiënt in 2003 geïsoleer en die teenliggaampie is uiters doeltreffend teen Covid-19, die nuwe SARS-COV2. Wetenskaplikes het bevind dat daar sekere dele is van die virus wat nie muteer nie en bekend staan as bewaarde plekke en die teenliggaampie werk op een van hulle. Die navorsers gebruik nou nanotegnologie om verdere bewaarde plekke te identifiseer en dit in die universele entstof in te sluit. Die navorsers sê dit sal nog jare neem voor dit gereed is. Hulle het ook melding gemaak van die ondersoek na ‘n MIV-entstof en sê hulle werk reeds 30 jaar daaraan maar die virus muteer vinniger as Covid wat sake bemoeilik.