SA Raad van Kerke sê regering moet Russiese inval veroordeel

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ‘n beroep op die regering gedoen om die Russiese inval van Oekraïne te veroordeel en dit as ‘n flagrante oortreding van Artikel 2.4 van die Verenigde Nasies se Handves beskryf. Aartsbiskop Thabo Makgoba van die raad het in ‘n preek by die St George-katedraal in Kaapstad gesê om die skending van ‘n sleutel-beginsel van die handves te ignoreer, is ondenkbaar. Hy sê almal moet standpunt inneem teen aggressie en oorlog. Makgoba sê die konflik behoort deur onderhandeling vermy te gewees het en daar is geen verskoning vir Rusland se daad van aggressie nie.