Werkers van Rehoboth-dorpsraad eis salarisverhogings

Werkers van die Rehoboth-dorspraad het vandag ‘n vreedsame betoging op die dorp gehad en eis onder meer salarisverhogings. Hulle het ‘n petisie aan die burgemeester, Enrico Junias, oorhandig. Volgens die petisie het hulle geen salarisverhogings sedert die 2020/2021 finansiële jaar gehad nie en werkers wag sedert Julie verlede jaar vir salarisaanpassings. Volgens die petisie is ‘n salarisverhoging in November 2021 tussen die dorpsraad en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers ooreengekom. Werkers eis dat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling moet ingryp.