SA-posdiens skort diens na Rusland, Oekraïne, Belarus op

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het aangekondig die posdiens na Rusland, Oekraïne en Belarus is opgeskort weens die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Die Poskantoor sê lugpos na 33 lande is steeds beskikbaar en pos oor land en see na 51 lande gaan ook voort. Kliënte is gemaan om nie items te stuur wat nie in ander lande se pos toegelaat word nie. Dit sluit in wapens, ammunisie, plofstof, vloeistof, of items wat kan breek of lek. Kliënte word aangeraai om ‘n selfoonnommer in te sluit, sodat dit maklik is om te kommunikeer wanneer items afgehaal word.