Omusati het ook nog nie sprinkane nie

Terwyl Suid-Afrika groot uitdagings met swerms bruin sprinkane wat tans in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap voorkom, blyk dit nog nie om plaaslik ‘n probleem te wees nie. In die Suide het die eienaar van plaas Michberg, Dolf de Wet gesê die sprinkane is onder beheer en daar is ook nog nie uitdagings in Otjozondjupa nie. So ook in die Omusati-streek. Die goewerneur, Erginus Endjala, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.