Den Haag se ondersoek na oorlogsmisdade skop af

Die Internasionale Misdaadhof se hoofaanklaer, Karim Khan, sê hy het ‘n ondersoek begin na moontlike oorlogsmisdade deur Rusland tydens sy inval in Oekraïne. Dit volg nadat 39 lande, insluitend die Verenigde Koninkryk, Kanada en Nieu-Seeland, amptelik verslae ingedien het oor gruweldade wat in Oekraïne gepleeg is. Khan sê sy kantoor het reeds tydens ‘n voorlopige ondersoek van die situasie in Oekraïne redelike inligting bekom dat misdade gepleeg is wat onder die regsbevoegdheid van die hof val en wat as moontlik sake uitgewys is.