SA omgewingsminister moet pa staan vir Shell se seismiese opname

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, word gevra om volle regsverantwoordelikheid te aanvaar vir Shell se seismiese opname aan die Oos-Kaapse Wildekus. Tydens die opnames word ‘n harde knal uit ‘n lug-geweer elke paar sekondes afgevuur en omgewingsbewaarders sê dit sal die seelewe van plankton tot walvisse raak. Die DA se woordvoerder, Dave Bryant, sê dis ontstellend dat Creecy afsydig staan teenoor die huidige protes teen die seismiese toetse. Die minister het gesê die opname is goedgekeur volgens myn-wette, en nie deur haar departement nie.