Cosatu gekant teen verpligte inenting

Cosatu sê hulle is nie ten gunste van verpligte Covid-inentings nie, en dat ander maatreëls en maniere gevind moet word om mense te oortuig om hulle te laat inent. Die vakverbond se woordvoerder, Bheki Ntshalintshali het gister by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad se beraad gesê, sommige sektore het werkers sover gekry om ingeënt te word sonder om hulle te forseer. Hy sê ondernemings moet met werknemers praat en nie eenvoudig regulasies afdwing nie.