Ysland verhoog waarskuwingsvlak vir uitbarsting van vulkaan

Ysland het die waarskuwingsvlak vir ‘n uitbarsting van sy aktiefste vulkaan verhoog nadat talle ligte aardskuddings voorgekom het. Die Yslandse meteorologie-kantoor het die waarskuwingsvlak vir die afgeleë vulkaan, Grimsotn, van geel tot oranje opgestoot. Dit word toegeskryf aan verhoogde seismiese aktiwiteit en die gletser om die vulkaan wat begin smelt. Waarskuwingsvlakke wat die lugvaartbedryf teen die gevare van ‘n uitbarsting waarsku, gaan op tot by rooi. Dit beteken ‘n uitbarsting dreig en ‘n aswolk kan moontlik lugverkeer belemmer.