SA: meer wil emigreer as gevolg van Covid

Daar word baie berig oor die Covid-pandemie en die impak op ekonomieë regoor die wêreld. Plaaslik is daar ook berig oor die verlaging in belasting wat die pandemie meegebring het, veral met inperkings, die sluiting van nie-noodsaaklike besighede en werksverliese. Maar, die jongste navorsing vanuit die buurland toon dat meer Suid-Afrikaners dit nou oorweeg om te emigreer, as gevolg van die impak van Covid. Ekonome voorspel dat die hoeveelheid belastingbetalers in die buurland wat 1,5 miljoen rand of meer verdien met 9,6 persent in die 2021- 2022 finansiële jaar sal krimp. Diegene wat tussen 1 en 1,5 miljoen rand verdien sal met 13 persent krimp en die wat tussen 750 000 en 1 miljoen rand verdien met 11, persent sal krimp, as gevolg van emigrasie wat gekoppel kan word aan die Covid-krisis.