Hoe gaan dit met ons leerders?

Daar was bekommernisse oor die sielkundige toestand van leerders wat teruggekeer het skool toe ná die sluiting van skole weens die Covid-pandemie. Sommiges het gemeen dat dit nie ‘n goeie idee is dat sommige kinders gereed is om as weeskinders terug te keer skool toe nie. Leerders is nou meer as ‘n week terug op die skoolbanke en volgens die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, is daar nie enige voorvalle aangemeld nie, asook nie ‘n afwesigheid van leerders wat teruggekeer het skole toe nie. Steenkamp gesels met Kosmos 94.1 Nuus.