Duitsers arresteer Brit vir spioenasie vir Rusland

Die Duitse polisie het ‘n Britse burger wat werksaam was by die Britse ambassade in Berlyn in hegtenis geneem op klagte dat y vir Rusland spioeneer. Duitse aanklaers sê die man het dokumente aan Russiese agente verkoop. Die man word net as David S. geïdentifiseer en is 57 jaar oud. In ’n verklaring sê Duitse owerhede dat daar bewyse is vir een transaksie waar hy dokumente wat hy bekom het as gevolg van sy werk, verkoop het aan die Russiese intelligensiediens. Internasionale nuusagentskappe sê Russiese owerhede het geen kommentaar oor die aangeleentheid gelewer nie.