SA kry nuwe gesondheids-ombud

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het die aanstelling aangekondig van Taole Mokoena as die nuwe gesondheids-ombud vir ‘n nie-hernubare termyn van sewe-jaar. Hy neem oor by Malegapuru Makgoba, wat sedert 2016 as die eerste Gesondheidsombud gedien het. Mokoena het onlangs afgetree as professor aan die Universiteit van Pretoria se departement van chirurgie en was hoof van chirurgie aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal in die hoofstad. Phaahla sê hy sal ‘n deurslaggewende rol speel in die oorsig oor en hantering van gesondheidsorg-verwante kwessies.